READ THIS PAGE IN ENGLISH As jy #PayForwardAMask ondersteun of ‘n storie het oor dit, vertel my daarvan dan kan ek dit ook op die blad plaas [ KLIEK HIER OM DIT TE DEEL ] Ons bekende #PayForwardAMask “Maskateers” Douw Prinsloo | Caren Van Vuuren | Marizaan Visagie Lundall | Fatima Abdool Aktriese, skrywer, motivering spreker en social media influencer, Fatima Abdool, gesels oor ons inisiatief in haar daaglikse Facebook Live sessie. Jy kan gaan na die 15:00 merk as jy wil luister wat sy te sê het oor ons, maar die hele video is beslis die moeite werd om te kyk. [ Kyk na Fatima se video deur hier te kliek ] Verpligte protokolle ( aangepas op 11 Jan 2021 ) 34(2) Die dra van 'n gesigmasker is verpligtend vir elke persoon in enige openbare plek, uitgesluit 'n kind onder die ouderdom van ses jaar, en enige persoon wat versuim om te voldoen aan 'n verbale instruksie deur 'n regsbeampte om 'n gesigmasker te dra, 'n misdryf pleeg en by skuldigbevinding aanspreeklik is vir 'n boete of 'n tydperk van gevangenisstraf van hoogstens ses maande Hier is die besonderhede van die voorval wat gelei het tot die begin van #PayForwardAMask Op die 1ste Januarie het ek op Meiring Naude Straat gery, naby die WNNR. Net na die Engen vulstasie sien ek ‘n polisie bakkie langs die pad. Buite die bakkie het polisieman gestaan saam met ‘n vrou en twee klein kindertjies. Ek het iets gedoen wat ek nie sommer sal doen nie. Ek het afgetrek, bietjie terug gestoot, uitgeklim, en toe oor die pad gestap na die ander kant van die pad waar die bakkie was. Ek het geweet ek moes dinge mooi benader, so my eerste woorde was, “Good afternoon officer...” Hy het my terug gegroet. Ek vra toe, “Is there something wrong..?” Hy het nie dadelik geantwoord nie en wou eers weet wie ek is en waarheen ek op pad was. Ek het die inligting verskaf. Ek het aangegaan en vir hom gesê dat ek net verby gery en hulle gesien het en gedink ek kan dalk help. So is dit toe nou dat hy die mamma en twee kindertjies gestop het omdat hulle nie maskers opgehad het nie. Ek was so op hom gefokus dat ek dit nie eers opgemerk het nie. In Suid-Africa is dit nou verpligtend om ‘n masker te dra wanneer jy in die publiek is en as jy sonder een gevang word kan jy krimineel aangekla word en dit kan lei tot ‘n stywe boete of selfs tronkstraf. Ek kon duidelik sien dat die mense waarskynlik nie eers geld vir kos gehad het nie, wat nog te sê geld vir maskers. Ek moes vinnig dink. Ek vra toe vir die polisieman of ek asseblief gou huis toe kan gaan en vir hulle maskers kan gaan haal. Hy het verbaas gelyk en toe gevra waar ek woon. Ek het hom verduidelik waar ek woon en weer gevra of hy asseblief by hulle sal bly dat hulle veilig kan wees terwyl ek gou ry. Hy het ingestem. Ek het huis toe gekom en ‘n pakkie met drie maskers kom haal en terug geneem soontoe. Ek het vir die mamma en die kinders elkeen hulle maskers gegee en in die mamma se masker het ek 'n geldjie gesit, dit is al wat ek by my gehad het. Ek het die kinders gehelp om hulle maskers op te sit. Die kleinste een se masker was heeltemal te groot so ek moes eers die lissies kleiner maak sodat dit darem net kan pas. Ek is net so dankbaar dat die polisieman nie anders opgetree het nie. Ek besef dat dié ding maklik anders kon uitspeel. Ek het gevra of als in orde was en hy het “Ja” gesê. Ek het toe gewag dat die mamma en haar twee kinders loop voor ek die polisieman gegroet het en ja, hom bedank het vir sy diens, dat hy werk om ons veilig te hou en dat hy my kans gegee het om die mense te help. Hy was regtig bedagsaam en het gesê, “Thank you for stopping sir”. Lewensles, mense. Daar is elke dag iewers iets wat JY en EK kan doen om iemand se dag te maak, om iemand se dag beter te maak. Ek’t vanoggend weer ‘n pakkie maskers gaan koop – maar dit hou ek nou in my motor want wie weet wanneer ek dit weer gaan nodig kry. Op my yskas het 'n 'n magneet wat sê, "To the world you may be one person, but to one person you may be the world" Onthou dit mense ! Op Facebook het die storie soveel aandag gekry van die groep waar ek dit gedeel het en uit ‘n baie lang wonderlike gesprek is #PayForwardAMask gebore. Die idee is eenvoudig. Koop ‘n paar ekstra maskers en hou dit in jou motor. As jy iemand sien met ‘n vuil masker of geen masker, dan doen jy wat jy moet doen, #PayForwardAMask

Laaste Gedagte

Maskers skep 'n versperring wat verhoed dat respiratoriese druppels in die lug versprei tussen mense Masker kan jou beskerm, maar NIE alle maskers nie! Deur 'n masker te dra leer ons om mekaar te respekteer Dit is belangrik om alle maskers behoorlik te gebruik Moet nie maskers deel nie, dus, moenie iemand anders se gebruikte masker dra nie Dit is nou verpligtend vir almal in SA om 'n masker te dra. Dit is ‘n kriminele oortreding indien jy sou versuim om dit te doen
READ THIS PAGE IN ENGLISH As jy #PayForwardAMask ondersteun of ‘n storie het oor dit, vertel my daarvan dan kan ek dit ook op die blad plaas [ KLIEK HIER OM DIT TE DEEL ] Ons bekende #PayForwardAMask “Maskateers” Douw Prinsloo | Caren Van Vuuren | Marizaan Visagie Lundall | Fatima Abdool Aktriese, skrywer, motivering spreker en social media influencer, Fatima Abdool, gesels oor ons inisiatief in haar daaglikse Facebook Live sessie. Jy kan gaan na die 15:00 merk as jy wil luister wat sy te sê het oor ons, maar die hele video is beslis die moeite werd om te kyk. [ Kyk na Fatima se video deur hier te kliek ] Verpligte protokolle ( aangepas op 11 Jan 2021 ) 34(2) Die dra van 'n gesigmasker is verpligtend vir elke persoon in enige openbare plek, uitgesluit 'n kind onder die ouderdom van ses jaar, en enige persoon wat versuim om te voldoen aan 'n verbale instruksie deur 'n regsbeampte om 'n gesigmasker te dra, 'n misdryf pleeg en by skuldigbevinding aanspreeklik is vir 'n boete of 'n tydperk van gevangenisstraf van hoogstens ses maande Hier is die besonderhede van die voorval wat gelei het tot die begin van #PayForwardAMask Op die 1ste Januarie het ek op Meiring Naude Straat gery, naby die WNNR. Net na die Engen vulstasie sien ek ‘n polisie bakkie langs die pad. Buite die bakkie het polisieman gestaan saam met ‘n vrou en twee klein kindertjies. Ek het iets gedoen wat ek nie sommer sal doen nie. Ek het afgetrek, bietjie terug gestoot, uitgeklim, en toe oor die pad gestap na die ander kant van die pad waar die bakkie was. Ek het geweet ek moes dinge mooi benader, so my eerste woorde was, “Good afternoon officer...” Hy het my terug gegroet. Ek vra toe, “Is there something wrong..?” Hy het nie dadelik geantwoord nie en wou eers weet wie ek is en waarheen ek op pad was. Ek het die inligting verskaf. Ek het aangegaan en vir hom gesê dat ek net verby gery en hulle gesien het en gedink ek kan dalk help. So is dit toe nou dat hy die mamma en twee kindertjies gestop het omdat hulle nie maskers opgehad het nie. Ek was so op hom gefokus dat ek dit nie eers opgemerk het nie. In Suid- Africa is dit nou verpligtend om ‘n masker te dra wanneer jy in die publiek is en as jy sonder een gevang word kan jy krimineel aangekla word en dit kan lei tot ‘n stywe boete of selfs tronkstraf. Ek kon duidelik sien dat die mense waarskynlik nie eers geld vir kos gehad het nie, wat nog te sê geld vir maskers. Ek moes vinnig dink. Ek vra toe vir die polisieman of ek asseblief gou huis toe kan gaan en vir hulle maskers kan gaan haal. Hy het verbaas gelyk en toe gevra waar ek woon. Ek het hom verduidelik waar ek woon en weer gevra of hy asseblief by hulle sal bly dat hulle veilig kan wees terwyl ek gou ry. Hy het ingestem. Ek het huis toe gekom en ‘n pakkie met drie maskers kom haal en terug geneem soontoe. Ek het vir die mamma en die kinders elkeen hulle maskers gegee en in die mamma se masker het ek 'n geldjie gesit, dit is al wat ek by my gehad het. Ek het die kinders gehelp om hulle maskers op te sit. Die kleinste een se masker was heeltemal te groot so ek moes eers die lissies kleiner maak sodat dit darem net kan pas. Ek is net so dankbaar dat die polisieman nie anders opgetree het nie. Ek besef dat dié ding maklik anders kon uitspeel. Ek het gevra of als in orde was en hy het “Ja” gesê. Ek het toe gewag dat die mamma en haar twee kinders loop voor ek die polisieman gegroet het en ja, hom bedank het vir sy diens, dat hy werk om ons veilig te hou en dat hy my kans gegee het om die mense te help. Hy was regtig bedagsaam en het gesê, “Thank you for stopping sir”. Lewensles, mense. Daar is elke dag iewers iets wat JY en EK kan doen om iemand se dag te maak, om iemand se dag beter te maak. Ek’t vanoggend weer ‘n pakkie maskers gaan koop – maar dit hou ek nou in my motor want wie weet wanneer ek dit weer gaan nodig kry. Op my yskas het 'n 'n magneet wat sê, "To the world you may be one person, but to one person you may be the world" Onthou dit mense ! Op Facebook het die storie soveel aandag gekry van die groep waar ek dit gedeel het en uit ‘n baie lang wonderlike gesprek is #PayForwardAMask gebore. Die idee is eenvoudig. Koop ‘n paar ekstra maskers en hou dit in jou motor. As jy iemand sien met ‘n vuil masker of geen masker, dan doen jy wat jy moet doen, #PayForwardAMask

Laaste Gedagte

Maskers skep 'n versperring wat verhoed dat respiratoriese druppels in die lug versprei tussen mense Masker kan jou beskerm, maar NIE alle maskers nie! Deur 'n masker te dra leer ons om mekaar te respekteer Dit is belangrik om alle maskers behoorlik te gebruik Moet nie maskers deel nie, dus, moenie iemand anders se gebruikte masker dra nie Dit is nou verpligtend vir almal in SA om 'n masker te dra. Dit is ‘n kriminele oortreding indien jy sou versuim om dit te doen